Maak slegs vuur waar voorsiening gemaak is – slegs in braaiers. Braaihout te koop
Misbruik van alkohol en swak gedrag word nie toegelaat nie
Harde Musiek op die terrein word nie toegelaat nie.
Stilte vanaf 22:00 – 09:00
Hou asb Hengel area en terrein skoon
Rivier is ‘n “swem verbode” area. Seekoeie & krokodille in die rivier
Kosbare items moet verkieslik in ‘n veilige plek verberg word
Bestuur neem geen verantwoordelikheid vir verlore of gesteelde items
Voertuigpermit moet by die hek getoon word
Dagbesoekers moet die terrein om 18:00 verlaat. Indien nie voor 18:00 die terrein ontruim word nie sal ‘n verdere dagbesoekers tarief gehef word
Spoedbeperking op die terrein is 15km/h
Geen Motorfietse op die oord toegelaat nie
Geen Troeteldiere op die oord toegelaat nie
Geen sprei ligte toegelaat nie a.g.v. Krag oorbelading
Geen glas en drank artikels word by die swembad area toegelaat nie
Geen parkering op die swembad grasarea nie
Sleutels moet by vertrek tyd (10:00)by die kantoor ingehandig word, asook die afhaal van u deposito
Reg van toegang word voorbehou
U betree die terrein op eie risiko
Geen groepe tydens publieke vakansiedae of skool vakansie nie, groep besprekings moet vooraf bespreek word
Georganiseerde vakansie program & aand vermaak op versoek
Areas buite die karavaanpark is verbode vir kampeerders & dagbesoekers, privaat paaie, landerye en sitrusboorde
Bewaar en beskerm a.s.b. die omgewing. Geen klippe & plante mag verwyder word nie
Seekoeigat Kampterrein is privaat eiendom – Privaat eiendomsreg voorbehou
Eie risiko – Die bestuur van die kampterrein vrywaar en aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, besering, dood of enige ander gevolg met die besoek van die terrein, asook die gebruik van alle geriewe hetsy a.g.v n ongeluk, brand, diefstal of enige ander oorsaak natuurlik of menslike oorsaak